Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Dadelbrood

Resepte - 15 Mei 2022

Dadelbrood

Bestanddele...

250 g ontpitte dadels
500 ml kookwater
10 ml koeksoda
500 ml suiker
500 g margarine
4 eiers
5 ml vanielje
1 000 ml koekmeel
knippie sout

Metode...

Maak dadels fyn en gooi in bak.
Meng koeksoda en kookwater en voeg by die dadels.
Laat staan tot sag en afgekoel.
Meng in 'n ander bak die botter en suiker.
Voeg eiers en vanielje by en meng goed.
Voeg dadels by en meng goed.
Voeg meel en sout by en meng tot slap deeg.
Gooi in broodpannetjies.

Bak ongeveer 1 uur
Oond 180 Grade ºC