Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Honde

Diere - 21 April 2022

  • deur spore
  • 21 April 2022

Interesante feite oor honde

Honde is die diere in die mense geskiedenis wat die vroegste makgemaak is. Hulle is die mees gebruikte troeteldier, jagter en werkdier in die wêreld.
Die meeste honde rasse is nie veel ouer as honderd jaar nie, aangesien hulle kunsmatig geteel word vir spesifieke biologiese eienskappe en gedrag.
Die hond is waarskynlik die oudste huisdier, maar is ook 'n roofdier. Elke ras word vir sy besonderse eienskap gewardeer. Honde is meer afhanklik as katte en gehoorsaam hul eienaars gewoonlik blindelings.

Die hond is baie meer  as net 'n blaffende mensemaat op pote. As hy hardloop, werk sy liggaam byvoorbeeld soos 'n blaasbalk en hy haal een keer asem vir elke tree wat hy gee. Wanneer hy droom, droom hy miskien eerder in klanke en geure as van sigbare dinge. Boonop moet honde eienaars nooit vergeet dat hul honde eintlik tropdiere is nie. Honde het verskillende temperamente en nie net sover dit enkelinge aangaan nie. Dit lyk of verskillende rasse ook hul eie tipiese geaardhede  het. Die hond het 'n sterk sosiale instink waarmee hy 'n hegte band vorm met die mense saam met wie hy woon. Hy sal sy baas nie net gehoorsaam nie, maar ook verdedig.

Sommige honde het sulke goeie neuse dat hul mediese probleme kan uitsnuffel. Honde kan op dieselfde tyd as asemhaling snuif. Sommige honde is ongelooflike swemmers. Honde sweet nie soos ons deur die vel nie.  Honde urien kan metaal vreet. Honde voel nie skuldig as hul iets verkeerd gedoen het nie. Honde kan
wel in kleur sien. Honde het ook nie 'n kompas nodig nie. Hul reuksin is baie sterk. 'n Swaaiende stert beteken nie hulle is altyd gelukkig nie. Honde het 'n
beter sig met swak lig as mense, as gevolg van 'n spesiale lig weerkaatsende laag agter hul netvlies.

Honde is direkte afstammelinge van wolwe. Klein hondjies is blind, doof en tandloos met geboorte. Hul kan eers begin hoor op omtrent drie weke. Honde krul om hulself warm te hou en lewensbelangrike organe te beskerm.

Honde lek jou gewoonlik, omdat hul van jou hou. Dit is honde se manier van liefde toon. Honde hou ook daarvan dat hulle maag gevryf word, bloot omdat dit hul laat goed voel. Dit veroorsaak ook 'n spesifieke reaksie in hul brein wat reageer op die stimulering van haarwortels. Honde voel ook dat hare streel, verband
hou met sosiale versorging.