Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Olifante

Diere - 28 April 2022

  • deur spore
  • 28 April 2022

Interessante feite oor olifante

 

Die slurp is eintlik 'n verlengde neus, maar werk uitstekend as hand en arm.
'n Olifant se slurp verklap of hy links- of regshandig is. Die een kant van die slurp sal groen wees agv die blare wat hy met die kant van die slurp pluk. Dieselfde kant se tand sal altyd korter wees omdat hy hom meer gebruik om byvoorbeeld bome se bas af te krap.
Die olifant se slurp het meer as 40 000 spiere.
'n Olifant se slurp en stert kom in die middel van sy lyf bymekaar. Daar is dus geen deel van die olifant se lyf wat hy nie met sy slurp of stert mee kan bykom nie.
'n Olifant gebruik sy slurp om delikate take te verrig soos om sy oog te vryf, om in die grond te grawe vir water, om vrugte te pluk, om water te drink, om asem te haal as hy onder die water is en nog vele meer.
Olifante kan tot op ‘n afstand van 8 kilometer met mekaar kommunikeer dmv subsoniese klanke.
Olifante het swak sig, maar ongelooflike reuksin. 'n Olifant se reuksintuig is 14 keer sterker as die van 'n hond.
As jy die omtrek van die olifant se voorste voetspoor meet, dit met twee maal, kry jy die olifant se skouerhoogte.
'n Olifant se vel is ongeveer 2.5 cm dik.
'n Olifant se brein weeg sowat 20 kg en stem ooreen met menslike breine wat struktuur en kompleksiteit aanbetref.
Omdat olifante so swaar is, is hul bene solied, sonder beenmurg.
Olifante loop ook op hul tone. Die vetlaag onder hul voete maak dit die gemaklikste posisie om in te loop.
Olifante het 'n spesiale sakkie in hul monde waarin hul water stoor. Hierdie water word dan op warm dae agter sy ore gespuit vir lafenis teen die hitte.
'n Olifant kan al 120 liter bloed in net 20 minute deur sy ore sirkuleer. Dit help om sy liggaamstemperatuur op baie warm dae tot met 9 grade te verkoel.
'n Volwasse olifant kan tot 450 kg plantmateriaal per dag verorber en 160 liter water.
Deur die loop van 'n olifant se lewe het hy net ses pare tande. Wanneer die dier oud word val die tande uit en sterf meeste dan van honger.
'n Mamma olifant is dragtig vir 22 maande en borsvoed haar kleinding daarna vir nog 24 maande.
Wanneer daar 'n baba olifantjie in die trop is, sal die volwasse olifante saamstaan om die kleintjie te beskerm.
Nes mense room aan hul liggame smeer, besmeer olifante hulself met modder om hul vel te bevog.
Olifante het 'n spesiale klier wat 'n vloeistof afskei wat verklap as hy of sy in 'n emosionele toestand verkeer. 'n Loperige vloeistof beteken dat hy opgewonde of gelukkig is, terwyl 'n dikker vloeistof dui op ongelukkigheid of dat hul aggressief is.
Olifante se gevorderde gedrag en emosies toon hoe intelligent hulle is.
Olifante slaap tussen 2 tot 3 ure per dag.
Die gemiddelde lewensduur van 'n olifant is tussen 50 en 70 jaar.