Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Ek het jou nodig

Bemoediging - 7 Desember 2022

  • deur spore
  • 7 Desember 2022

Ek het jou nodig!


Dis nie net Maandae wat nou en dan “blou” is nie.

Elkeen van ons beleef elke dan en wan een van die “blou” dae. Moedeloos en vol slaggate.

Dit is sulke tye wat ek jou so nodig het. Iemand wat my kan bemoedig. 'n Gebed kan doen, of sommer net 'n koppie koffie saam my kan drink.

Dankie vriendin dat jy altyd daar is vir my. Dat jy altyd luister en verstaan. Soms net my trane stil af te vee, of 'n bemoedigende drukkie te gee. 

Niemand weet wat more inhou nie. Dinge kan in 'n oogwink verander. 

Wees lief vir mekaar. Bid vir mekaar. Maak tyd vir mekaar.

Soms is wonderwerke net mense wat God na jou stuur. Mense met harte van goud.

Mense wat in hul stilte tyd vir jou bid.Mense wat vir jou omgee.