Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Cool Creations se Winkel

Die webtuiste by: https://shop.coolcreations.dieknoop.org/ 

 

Dit is die winkel en internetgallery waar die produkte en borduurpatrone van Cool Creations uitgestal word. Aanlyn-aankope, asook bestellings kan by hierdie webtuiste gedoen word.

 

’n Groot verskeidenheid produkte is beskikbaar. Dit sluit onder andere in rugsakke; handsakke; selfoonsakkies, talle babaprodukte soos borduurversierde doeke, babakombersies en nog meer. Daar is ook ander items soos dekens, handdoeke, sierkussings, boekmerke, oulike plakkers vir die versiering van hoede, pette of kledingstukke en ’n hele aantal handige kombuisgebruiksware soos vadoeke, tafeldoeke en vatlappies.

 

Opsoek na ’n unieke tabbert, trourok of sommer net ’n goed passende sweetpak? Dit alles is verkrygbaar by Cool Creations.

 

Daar is ’n groot verskeidenheid ontwerpies of patrone waarmee die gekose artikel versier kan word. Dit sluit besondere temas in soos Christenkuns met die aller- pragtigste ḱruise en bybels in. Dan is daar ook Dieretemas insluitende honde, katte, olifante, hasies en talle ander. Die Fantasietema het die mooiste klein dwergies en feetjies en daar is nog vele ander temas om van te kies en te keur. Mooi patrone vir kombuisgoed en ook die besonderste vlinders en blomme vir produkte soos dekens.

 

shop.coolcreations.dieknoop.org

Die tuisblad van die Cool Creations aanlyn-winkel.

shop.coolcreations.dieknoop.org/werfkaart

Besoek die werfkaart vir ’n vinnig oorsig van die webwerf.

shop.coolcreations.dieknoop.org/ontwerpe

Vir ’n volledige lys van die onderskeie temas en hul tientalle ontwerpe.

shop.coolcreations.dieknoop.org/bonanza-winskopies  

Vir winskopie-items wat van tyd tot tyd aangebied word