Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Om te kan luister

Bemoediging - 28 April 2022

  • deur spore
  • 28 April 2022

Om te kan luister

Elke mens soek soms na iemand wat na hom of haar kan luister. Iemand met wie jy nie net jou hartseer en drome mee kan deel nie, maar ook jou vreugdes en geluk. Sulke luisteraars is egter skaars. Meeste van ons is so behep met ons eie dinge dat ons nie wil luister na die volgende persoon nie.
Tog is daar iemand wat altyd bereid is om te luister. God is altyd daar om te luister. Hy is altyd beskikbaar. Dit maak nie saak van die tyd, dag of nag nie. Of dit net 'n stille gebed of gesprek is met God, Hy luister altyd. Hy is nooit te besig nie.

Dankie Here dat U altyd gewillig is om na my te luister.