Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Hoe om ontslae te raak van reuke

Wenke, 12 Mei 2022

 

Hoe om ontslae te raak van slegte reuke.

Indien rubber handskoene sleg ruik van sweet – Was die handskoene binne mooi en gooi 'n bietjie  poeier in die handskoen en trek dan aan.
Knoffelasem kan verwyder word deur vars mint, pietersielie of seldery te kou. Meng 'n eetlepel sagmaakmiddel met water in 'n spuitbottel en gebruik as lugvervrisser,.
Om ou reuke uit bottels te kry, vul die bottel met 'n oplossing van water en koeksoda.
Om die reuk van mottegif te verwyder, kan watte met paar druppels vanielje daarop gebruik word.
Om die uiereuk uit plastiekbakkie te kry, plaas die houer in die son vir 'n paar uur.
Plaas 'n suurlemoenskil in 'n laai om die muwwerige reuk te laat verdwyn.
Om die reuk uit katsand te kry, meng katsand met babapoeier.
Om slegte reuke uit skottelgoedwasser te verwyder - Gooi 4 eetlepels koeksoda onder die onderste rak en sit die wasser op spoel om die masjien vars te kry.
Raak ontslae van sterk en onaangename kos reuke wat aan 'n kerfplank kleef deur dit met 'n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.
Sprinkel sout en kaneel oor aanbrandsels op die stoof om die reuk te verwyder.
Sprinkel koeksoda in skoene wat sleg ruik en laat oornag staan.
Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asyn of suurlemoenwater af te spoel.
Vryf jou hande met droë mosterd om van uie-reuk ontslae te raak.