Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Gebruike van suiker

Wenke - 20 April 2022

  • deur spore
  • 20 April 2022

Gebruike van suiker.

Gooi 'n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike goudbruin kleur gee en 'n aangename smaak.
Gooi 1 teelepel jik en 1 teelepel suiker in 'n blommerangskikking se water om dit langer vars te hou.
Indien die koffiefles lank gaan staan, gooi 'n paar suiker klonte in om klammigheid uit te hou.
Kaas sal nie muf as daar 'n klontjie suiker in die bak gehou word.
Gooi 'n laag suiker onder in die koekieblik om die koekies langer vars te hou.
As bruinsuiker hard geword het, plaas 'n sny brood oornag in die houer. Die suiker sal weer sag word.
Om groente vinniger te laat sag kook, voeg 'n  teelepel suiker by, terwyl dit kook.
 'n Halwe suurlemoen met 1 teelepel suiker daarin gevryf, kan gebruik word om skurwe elmboë mee te vryf.
Strooi suiker bo-op 'n stukkende plek. Dit sal help dat die bloed vinniger stol.
Suiker en botter sal vinniger meng as daar 'n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.
Wanneer kos te sout is, gooi bruinsuiker by.

(Gebruik wenke op eie risiko)