Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Om te bid

Gedagtes - 20 September 2022

  • deur spore
  • 20 September 2022

Om te bid...

Jy hoef nooit 'n afspraak te maak om te bid nie. 

Die Here is altyd daar om te luister. Ongeag van die dag, of tyd.

Hy is nooit te besig om te luister nie. 

Hy sal nooit sê Hy is besig om na iemand anders te luister en nie tyd vir jou nie. 

Die Here sal jou nooit wegstuur nie.  

Hy val jou nooit in die rede nie. Jy kan jou hart uitpraat en Hy sal luister tot jy klaar gepraat het. 

Die Here vergeet nooit jou versoek nie. Hy beantwoord dit op die regte tyd.

Hy is nooit raadop nie. Hy weet altyd die beste vir ons. 

Hy is nooit te moeg nie. Hy is altyd gewillig om te luister.

Hy is nooit in 'n slegte bui nie. 

Niks is ooit vir Hom onbelangrik nie. 

Dankie Here dat U altyd na my gebede luister en dat ek met U kan praat.