Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Vind vreugde in die lewe

Gedagtes - 4 Oktober 2022

  • deur spore
  • 4 Oktober 2022

Vind vreugde in die lewe...

Vind vreugde in die lewe, nie omdat jou omstandighede altyd goed is nie, maar omdat God altyd goed is. 

Vind geloof in die lewe. Geloof sien die onsigbare.

Glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike.

Vind vrede in jou lewe. God is besig om jou gevegte vir jou te veg.

Hy is besig om dinge in jou guns te reël. 

Hy is besig om 'n pad te maak. Selfs al sien jy nie een nie.