Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Eer God se Naam

Bybelgedagte 28 Januarie 2022

  • deur Klara
  • 28 Januarie 2022

Eer God se Naam

Vader, Jesus het ons in U Woord geleer dat ons moet bid dat U Naam geëer moet word.
O Here, vandag bid ek innig daarvoor,
want my hart is seer om te hoor en te sien en te weet, hóé erg mense U Naam onteer,
U Naam beswadder en U blameer vir die afvalligheid van die sondelas wat hulle maar telkens weer en weer voor kies.
Maak harte en gewetes weer oop en diensbaar by ons wat U kinders is, sodat ons lewens en dagtake U Naam sal eer.
En hulle wat U nog nie ken nie Here, raak hulle aan met U Heilige Gees en gee dat hulle sommer halsoorkop, na U toe sal hardloop en U as God sal erken en aanbid.

Amen