Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Gebruike van asyn

Wenke - 21 April 2022

  • deur spore
  • 21 April 2022

Gebruike van asyn.

Voeg ‘n paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het. Dit maak dit weer sag.
‘n Verfkwas met harde hare, kan 30 min lank geprut word in kokende asyn. Was daarna met skottelgoed middel.
Om te verhoed dat vleis wat in krummels gerol is vasbrand, gooi 'n paar druppels asyn in die olie.
Gooi ‘n lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer. Dit keer dat die wit versprei.
‘n Paar bakkies met asyn in ‘n vertrek, sal keer dat rook intrek in die meubels.
Om die aanpaksels aan die ketel se element te verwyder, kook ketel met asyn.
Meng asyn en koeksoda vir bleikmiddel en ontsmettingsmiddel.
Raak ontslae van miere deur hul te spuit met asyn en warm water.
Verwyder biervlekke uit ‘n mat deur dit met wit asyn te vryf.
Gooi ‘n bietjie suiker en asyn by uie wat gesmoor word. Dit gee ‘n lieflike bruin kleur en aangename geur aan die uie.
Gooi bietjie asyn in die olie as vis gebak word. Dit keer dat die vis olie trek.
Asyn kan ook gebruik word om vleis sag te maak.
Om jou klere wit te hou, week dit  in 5 liter water en een koppie asyn.
Klein geroeste artikels kan vir ‘n paar dae in asyn laat lê word om die roes te verwyder.
Maak mengsel van pasta en asyn om sweetmerke uit 'n kraag te vryf.
Maak stoof skoon deur 'n mengsel van sout en asyn.
Bakkies met asyn hou muskiete en vlieë weg.
Smeer dadelik asyn aan brandwonde, dit  neem die brand weg en voorkom blase.
Voeg asyn by gordyne se afspoel water, dit voorkom dat stof maklik vas kleef.
Gebruik asyn om verf kolle op vensters af te haal.
Voeg bietjie asyn in water, dit voorkom dat eiers wat gekook word bars.
Voeg asyn by water om silwerskoon vensters te kry.
Vir ‘n vuil mikrogolfoond, verhit 125 ml asyn in mikrogolf. Nie nodig om te kook nie. Dit maak die vetterigheid los. Vee met sagte lap skoon.
Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel volgende dag ketel uit met skoon water. Dit voorkom verkalking.


(Gebruik wenke op eie risiko)