Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Vreugde

Bemoediging - 4 Maart 2022

  • deur spore
  • 4 Maart 2022

Vreugde...

Vreugde word nie noodwendig verskaf deur spesifieke gebeure nie. Dit kom van binne jou hart. Daar is so baie dinge wat vreugde in die lewe kan verskaf. Soms net ‘n vriendelike glimlag. Versprei elke dag vreugde en bemoediging met woorde en dade. Dit kan soveel vir iemand beteken. Dalk net daai ekstra stukkie krag wat nodig is.
Vreugde kan elke dag in ons lewe ervaar word. As ons vreugde in die Here vind sal selfs die moeilikste omstandighede ons nie onder kry nie.

Met vreugde in ons harte sal ons alle teleurstellings in die lewe te bowe kan kom. Niemand is in beheer van ons vreugde en geluk nie. Net jy alleen is. Daarom lag, sing en jubel. Wees bly en vind vreugde en geluk in elke dag se bestaan. Vind jou vreugde in die Here en vertrou op Hom. Die vreugde wat die Here gee is die wete van ‘n ewige lewe en dat Hy elke oomblik by my en jou is.

Vreugde en ware geluk kom nie van buite af nie, maar van binne jou hart. Dit kan nie aan ‘n spesifieke gebeurtenis gekoppel word nie. Dit het te make met ‘n innerlike vrede wat nie afhanklik is van aardse dinge nie. As jy jou vreugde in die Here vind, kan selfs nie die moeilikste omstandighede jou vreugde steel nie. Ek glo dat ek elke dag genoeg vreugde in my hart sal hê om die teleurstellings in my lewe te oorskadu en ‘n oorvloed geluk om my gees lewendig te hou en vir altyd te vul.

Dankie Here vir die vreugde wat U elke dag my hart mee vul.