Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Here help my

Gebede - 7 Junie 2022

  • deur spore
  • 7 Junie 2022

 

Here vandag wil ek bid en vra dat U die gespartel in my binneste sal stil, sodat ek U Stem duidelik kan hoor. Gee my rustigheid en vrede Heer.

Raak asseblief my hart aan sodat ek U liefde en genade kan uitleef. Gee dat die woorde wat ek vandag sal spreek, slegs woorde van oorwinning in my lewe en in die lewe van ander mag wees. Help my om my hande te gebruik om ander mee op te help en op te hou.
Mag my voete net dans van dankbaarheid vir U Grootheid en dankbaarheid vir U Genade wat U so sonder voorbehoud uitdeel.

Mag ek met oë na ander kyk soos U wil hê ek moet hul sien. Sodat ek nie net die slegte in ander sien nie, maar ook die goeie.  Sonder om te veroordeel, maar met liefde en omgee.

Mag my gedagtes vandag net op U gefokus wees sodat ek as 'n ware kind van U kan leef.

Dit is my gebed Here. Hou ons almal baie styf vas in U kosbare hande . Beskerm, bewaar en seën ons elkeen.

Amen.