Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Gebruike van suurlemoene

Wenke - 14 April 2022

  • deur spore
  • 14 April 2022

Wenke vir die gebruik van suurlemoene.

As jou kerrie te sterk smaak, voeg bietjie suurlemoensap by.
Om ‘n aangebrande kastrol vining skoon te kry, gooi bietjie Citrus Soda en suurlemoensap in.
Druk ‘n suurlemoen met skil en al pap op roesmerke in die bad. Laat staan so lank as moontlik voor afgewas word.
Om jellie vinniger te laat stol, gooi klein bietjie suurlemoensap by.
Gooi suurlemoensap by vleis om sag te word.
Vir meer sap, laat lê die suurlemoen in warm water voor jy hom uitdruk. ’n Suurlemoenskil in die laai help om muf reuk uit te kry.
Gooi bietjie suurlemoensap by rys as dit gekook word. Dit hou dit mooi wit en los.
Om van slakke ontslae te raak, sit suurlemoenskille waar die slakke is. Hulle hou nie van die reuk nie.

(Gebruik wenke op eie risiko.)