Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Staan altyd in geloof

Bemoediging - 31 Januarie 2023

  • deur spore
  • 31 Januarie 2023

 

Staan altyd in Geloof

 

Selfs wanneer jy nie jou pad kan sien nie, of jy voel dat jy nie weer 'n dag kan deurgaan nie, staan in geloof. 
Wanneer die trane van jou oë wil vloei en jy voel dat alle hoop weg is, staan in geloof.
Wanneer jy voel om op te gee, staan in geloof.
Staan in geloof, omdat Hy daar is. Sê vir jouself, kyk na Bo. 
In die tye wat jy alleen voel, staan in geloof.
Hou vas en wees sterk, want Hy is nog op die Troon. Selfs as dit moeilik is om te glo.
Weet dat Hy jou situasie skielik kan verander. In die tye wat dit moeilik voel om te bid, staan in geloof en weet dat Hy reeds die pad gemaak het. 
Geloof is die inhoud van dinge wat gehoop word. Die bewys van dinge wat nie gesien kan word nie. Dus staan in geloof omdat jy reeds die oorwinning het.

Die goue reël is om nie vas te hak by wat verkeerd gegaan het in die verlede nie, maar om te vertrou, want God het die plan.