Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Intuïsie

Bemoediging - 7 Desember 2022

  • deur spore
  • 7 Desember 2022

 

Intuïsie...

Daar is 'n stemmetjie in elkeen van ons. Dalk weet jy dat die stemmetjie jou innerlike wysheid is.  Baie keer is hierdie stemmetjie, intuïsie, onherkenbaar.

Een deel van ons is gevul met vrede, liefde en vertroue. Die ander deel is vol wantroue, kwaad, bitterheid en negatiwiteit. Die vraag is na watter stemmetjie gaan jy luister. Soms is ons bang om die intuïsie te vertrou. Soms hoor ons bloot net nie daai stemmetjie nie.

Die ander stem vol negatiewe gedagtes en denke tree dikwels sterk na vore. Hy vertel so maklik ek is nie goed genoeg nie en dat my drome nie waar sal word nie. Dis dan wanneer ek begin wonder wat dink ander van my. Is ek regtig goed genoeg.

Onthou daardie innerlike stemmetjie van wysheid is sterk en sal aanhou tot hy deurdring en jy luister. Die hol kol op jou maag, die ongemaklikheid in jou keel, die fladdering in jou bors, dit is hoe innerlike wysheid met jou praat.

Leer om aandag daaraan te gee. Gebruik wel jou brein, maar moenie dat hy jou gebruik nie. Let op hoe gereeld jou aanvoeling reg is. Moenie konsentreer op hoeveel keer jy verkeerd was, dit maak dit net moeiliker om te vertrou. Onthou eerder al die kere wat jou intuïsie reg was.

Leer om jouself te vertrou.