Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Voetspore

Jesus lei ons

  • deur spore
  • 9 Maart 2022

Voetspore...

Jesus lei ons

9 Maart 2022


Die woord voetspore dui op meer as een manier op my lewe. My verlede, so ook na my toekoms. Die kere wat daar twee rye voetspore was, was toe die Here langs my gestap het en my hand vas gehou het. Nooit het Hy my alleen gelaat. Nie deur goeie of slegte tye nie. Die kere met net een enkele ry spore, was toe die Here my gedra het deur moeilike dae. My voetspore dui ook in die rigting waarin my lewe moet beweeg. Vorentoe, met die wete dat die Here altyd daar sal wees saam met my. Om my op te tel en te dra as my kragte te min is. As ek afkyk grond toe na my voetspore, wys my voetspore altyd net na vore. Daarom weet ek dat my voetspore altyd twee rye gaan wees. Of die een ry spore waar die Here my sal dra...