Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

'n Drukkie

Bemoediging - 9 Maart 2022

  • deur spore
  • 9 Maart 2022

 

‘n Drukkie is ‘n wens…

Ek wens jou vreugde en vrede vir elke dag. Mag daar stilte in jou hart wees en God se seën in jou lewe. Mag jou dae vol sonskyn en goed wees. Ek wens ook vir troos vir jou as jy bang is. Vir krag as jy moeg is en  moed as die pad langer is as wat jy gedink het. Ek wens vir jou net die goeie en die mooi toe in die lewe. Daarom stuur ek vandag vir jou ‘n drukkie, vir vandag, vir more en altyd. Mag die drukkie al jou wense laat waar word.