Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Dankie dat U luister

Gebed - 28 April 2022

  • deur spore
  • 28 April 2022

Dankie Hemelse Vader dat ek altyd met U kan praat en dat U luister.
Of dit soggens vroeg, deur die dag, of saans laat is,
of deur die nag as ek nie kan slaap nie.
Dankie dat ek altyd my hart teenoor U kan uitpraat en verseker weet dat U altyd luister.
U weet klaar wat ek wil sê nog voor ek dit verwoord het, tog luister U altyd geduldig.
Dankie Vader dat U nie net luister nie, maar ook raad gee deur U Woord.
Deur met U te praat besef ek ook dat daar oplossings is vir al my probleme.
Dankie dat ek vir U kan sê hoe ek voel, wat my vrese en hartseer is.

Amen