Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Here, U weë

Gebede - 8 Augustus 2022

  • deur spore
  • 8 Augustus 2022

Here, U weë...

Here my God, U weë is nie altyd my weë nie, maar tog is U altyd barmhartig en genadig teenoor hulle wat U met 'n opregte hart soek. Neem my hand op hierdie oomblik van veeleisende dae en rustelose nagte. Laat U vergewende liefde my spanning tot bewaring bring en aan my vrede gee.  Spreek tot my siel, reinig my en genees my van alle sonde. Versterk my geloof en laat my moed skep in die wete dat U my rotsvesting en my toevlug is.  Vul my siel met 'n dieper waardering van U genade. 

Amen