Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Wat is 'n droom

Bemoediging - 14 April 2022

  • deur spore
  • 14 April 2022

Wat is 'n droom?

“Heer, skenk my ‘n droom wat my hoog sal laat strewe, en die moed en geloof om daarvoor te lewe.”

Wat is ‘n droom? Die hoop en begeerte na iets onbereikbaar? Dalk iets wat ek kan koop en nie kan bekostig? As ek hard werk daarvoor is die beloning baie vreugdevol wanneer ek dit uiteindelik kan besit. Drome kan ook baie lank neem om waar te word. Harde werk neem. Tyd van maande en jare wees. Is dit dan die moeite werd om te droom?

Ja dit is beslis die moeite werd. Harde werk, geloof en met deursetting kan dit laat slaag. Moet net nooit opgee op daardie droom nie.
Daarom wil ek vandag dankie sê aan die Here. Dankie dat Hy my gehelp het om my droom te bewaarheid. Dat Hy my genoeg krag, selfvertroue en deursettingsvermoë gegee het om nooit op te gee. Eerder om aan te hou droom en hard te werk. Sodoende my droom van my eie aanlynwinkel te bewaarheid. My winkel waar ek my handewerk te koop aanbied, asook my e-joernaal waar ek my gedagtes kan deel met ander.

Drome word waar, hoe klein of groot. Bly net glo en vertrou.