Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Katte

Diere - 14 April 2022

  • deur spore
  • 14 April 2022

Fassinerende feite oor katte....

Katte is die gewildste troeteldiere op aarde. Ons kan saamstem dat katte beslis fassinerende diere is. Soms is hulle spelerig en ander kere wil hul met rus gelaat word.

Hier is 'n paar interesante feite omtrent katte.

Katte wy ongeveer 30 tot 50 persent van hul dag aan selfversorging. Die versorging dien meer as een doel. Vir die verbloeming van hul reuk om roofdiere te vermy.
Om afkoeling en bevordering van bloedvloei te bevorder. Vir die verspreiding van hul natuurlike olies en om warm en droog te bly.

Daar word ook vermoed dat hul speeksel ensieme bevat wat as 'n natuurlike antibiotika vir wonde dien.

Katte kan seewater drink. Anders as by mense, kan katte se niere soute uit filtreer en die waterinhoud gebruik om hul liggame te hidreer.

Party katte het duime. Dis nou wel nie ware duime nie, maar eintlik net ekstra tone.

Katte het 'n baie sterk reuksintuig.

Die geriffelde patroon op 'n kat se neus is net so uniek soos 'n mens se vingerafdruk.

Katte kan nie direk onder hul neuse sien nie, daarom mis hul dikwels kos wat reg voor hul lê.

Danksy meer as 20 spiere wat hul ore beheer, het katte uitstekende gehoor. Hulle is baie beter om die bron van die klank te vind as hulle nie beweeg nie,
daarom sal hul dikwels eers stop, luister en vries om hul akkuraatheid te verseker. Katte se ore kan ook 180 grade roteer.

Babakatte slaap baie, omdat hul lywe slegs 'n groeihormoon afskei wanneer hulle slaap, daarom is slaap noodsaaklik vir groei. Volwasse katte stel geen sleutelhormone vry wanneer hul slaap nie, hulle slaap net baie, omdat hul kan. Katte slaap so baie dat 'n negejarige kat waarskynlik net drie jaar van sy lewe wakker was.

Deur 'n kat te laat regmaak, kan jy twee tot drie jaar tot sy lewe byvoeg.

Sphinx-katte het dalk nie hare op hul lyf nie, maar hulle ligaamstemperatuur is steeds vier grade warmer as die van ander katte.

Katte het 244 bene in sy hele lyf, heelwat meer as 'n mens wat net 206 bene het.

Katte sweet deur die kussinkies op hul pote en sal soms, as hul baie warm kry, hyg.

Katte het 'n derde ooglid, maar is gewoonlik net sigbaar as hul siek is.

Katte kan tot 6 keer hul lente spring, of vyf keer sy hoogte. Danksy kragtige spiere in hul agterbene en 'n stert wat help met balans, het die ratse diere geen probleem om op iets hoogs te spring nie.

Wyfiekatte is regspotig, terwyl mannetjieskatte hul linkerpote verkies.

Die gemiddelde kat kan tot 48 kilometer per uur hardloop.

Katte kan meer as 100 geluide maak met hulle tong. Dit is 90 meer as wat honde kan.

Katte spin teen dieselfde frekwensie as 'n luierende dieselengin (26 spinne per sekonde).

Katte se vermoë om hul huise weer te vind, mag dalk te danke wees aan magnete in hul brein. Hul vind hul pad huistoe deur 'n proses bekend as "psi-travelling". Kenners vermoed dat hulle met die hulp van sonlig navigeer, of dat hulle magnetiese breinselle het wat soos kompasse optree.

Selfs al is jy nie allergies vir katte nie, kan jou kat dalk allergies wees vir jou. Een uit elke 200 katte het 'n vorm van asma. Die getal bly styg onder troetelkatte, aangesien hulle meer dikwels blootgestel word aan sigaretrook, stof, stuifmeel en menslike skilfers.

Al ooit gewonder hoe katte dit altyd regkry om op al vier pote te land? Die refleks daarvoor begin in die binne-oor, maar dis danksy katte se buigsame ruggraat en die afwesigheid van 'n funksionale sleutelbeen, dat 'n kat dit regkry om sy lyf in die lug reg te draai om sodoende op sy pote te land.