Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Nog 'n dag

Bemoediging - 23 Junie 2022

  • deur spore
  • 23 Junie 2022

 

Nog 'n dag... 

Nog 'n nag deur die Heer gespaar... Kom ons wees bly en verheug daarin. Ons is so bevoorreg as ons die oggend kan wakker word en nog 'n dag kan beleef.
Nog 'n dag om vir iemand te sê jy is kosbaar, of ek het jou lief... Moet nooit daardie woorde terughou nie, more is dit dalk te laat.
Nog ‘n dag om dankie te kan sê dat jy in my lewe is.... Ons aanvaar ander om ons soms net as vanselfsprekend. Besef die betekenis van jou geliefdes om jou en waardeer hul en se dit ook vir hul.
Nog 'n dag om goed aan ‘n ander te doen... Iemand in nood te help. Met woord of daad. 'n Steunpilaar vir 'n ander te wees wat dit bitter nodig het.
Nog 'n dag om die Here te prys... Dankie te se vir Sy goedheid en genade.
Kom ons wees bly en gee God al die lof en eer... Sonder Hom is dit nie moontlik om die dinge te kan doen en sê nie.

Dankie Here vir nog 'n dag.