Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Jesus het ons lief

Bybelgedagtes 22 Januarie 2022

  • deur Klara
  • 22 Januarie 2022

 

Jesus het ons lief

22 Januarie 2022

Die dag het in 'n warboel begin en alles lyk grou en sonder hoop.
Die lewe dreig om mens mismoedig te maak, probleme lyk oorweldigend
en die vyand se gelag oor jou leed, suis rasend in jou ore.
Was jy vandag al daar by die voete van Jesus?
Het jy al gaan raad vra by die groot Herder?
Gaan sommer nou dadelik en praat jou hart uit teenoor Hom.
Jesus het jou oneindig lief met 'n innige, suiwer, ware liefde.
Bid en weet Hy staan jou naby.