Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Gemmerkoekies

Resepte - 7 Junie 2022

  • deur spore
  • 7 Junie 2022

Gemmerkoekies...

Bestanddele...

8 koppies koekmeel
4 koppies suiker
6 teelepels bakpoeier
100 ml gemmer
500 g margarine
250 ml appelkooskonfyt
2 eiers
4 teelepels koeksoda
100 ml water

Metode...

Meng koekmeel, suiker, bakpoeier en gemmer saam.
Vryf margarine in by meelmengsel.
Meng konfyt en eiers saam.
Voeg koeksoda by konfyt mengsel en klop goed.
Voeg konfytmengsel by die meelmengsel.
Voeg water by deeg en meng goed.
Rol balletjies en druk effe plat.

Bak vir ongeveer 9 min teen 180 °C