Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Om om te gee

Gedagtes - 18 Augustus 2022

  • deur spore
  • 18 Augustus 2022

Om om te gee

Om om te gee vir iemand is soos 'n fontein wat spontaan borrel. 'n Warm hand, 'n glimlag , 'n stil gebed.

Mag jou lewe 'n fontein vol mooi dinge wees.

Om mekaar te waardeer, beteken nie ons moet mekaar elke dag sien nie.

Ons moet net in ons besige dae tyd maak om aan mekaar te dink.

Vir mekaar te bid en te bemoedig. Daardeur sal ons onthou dat ons aanmekaar gebind is deur God se liefde vir ons.