Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Ons mense is soos 'n tuin

Bybelgedagtes - 4 Oktober 2022

  • deur spore
  • 4 Oktober 2022

Ons mense is soos 'n tuin...

 

Ja, ons mense is soos 'n tuin.  As jy hom verwaarloos neem dit nie lank voor die onkruid van selfsug, irritasie, woede, sonde en ongeluk oorneem nie. 

As 'n tuin nie genoeg water kry nie word hy dor en kwyn dit vinnig. So ook as ons nie uit God se Woord lees en Gebed met Hom het nie. 

Laat ons tyd maak vir die tuin van ons harte, ondanks besige dae en programme. As ons toelaat dat die gejaagde dinge ons lewens domineer, sal ons nooit uitkom by die belangrike goed nie en so sal ons altyd onvervuld voel.

Kom ons versorg die tuin van ons harte met deernis, sorg en liefde. Laat ons genoeg tyd maak deur met God te praat en na Sy Woord te luister. Dan sal God gieters vol liefde en genade oor elkeen van ons se lewens uitstort. 

Geluk kan nie gekoop, geleen, of gewen word nie. Dit word diep in ons harte geplant. Gee God die geleentheid om dit vir ons te doen. Stel vandag nog die groot Tuinier van ons harte en lewens aan. Dan kan ons seker wees dat ons harte 'n lushof van Hemelse blomme sal oplewer.