Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

Moet nooit opgee nie

Bemoediging - 21 April 2022

  • deur spore
  • 21 April 2022

Moet nooit moed opgee.

As dit soms voel die lewe druk en jy kan nie meer... Onthou die Here is altyd daar. Hy is altyd bereid om te luister. Dit maak nie saak watter dag of tyd dit is nie. Waar jy jou bevind nie. Sommer net 'n stille gesprek of gebed met Hom. God hoor dit.

Dieselfde arms wat die kruis gedra het sal jou ook dra. As jy val, sal Hy jou ophelp. Hy sal jou en my nooit sommer net los nie. Ons moet net glo en vertrou.

Die Here is wel nie vir ons sigbaar nie, maar Hy is net 'n gebed vêr. Hy is altyd daar en bereid om te luister en te help. Wanneer die tyd reg is, gee God vir ons wat ons nodig het. Sy tyd is nie noodwendig ons tyd nie. Daarom moet ons aanhou glo en vertrou en bid. Wanneer dit voel of die denkbeeldige klippe, wat die lewe na ons gooi, al hoe groter word en dit al hoe moeiliker word om dit mis, buk af, gaan op jou knieë en hul sal bo oor jou gaan. Onthou elke struikelblok het 'n vervaldatum.

Dankie Here dat u nooit op my sal opgee nie.