Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)


 

My gebed

Gebed - 27 April 2022

  • deur spore
  • 27 April 2022

My gebed...

Dankie vir al die seëninge elke dag.
Vir al die wysheid en krag wat U my gee.
Seën my Hemelse Vader en gee my die krag om U te dien.
Plaas in my dag 'n doel om voor te lewe en genoeg begrip vir wat ek moet doen.
Vader maak my asseblief liefdevol, sodat ek nie met my verstand sal oordeel, maar met my hart.
Leer my om meer geduld te hê in alles wat ek doen.
Vader vergewe my asb my sondige optredes.
Laat my U wysheid vertrou en help my as ek struikel.
Hoor my as ek bid en help my om die woorde te vind.
Gee vir my ook sterkte en die moed om teleurstellings en ontmoedigings die hoof te bied.
Ontvang my ook in U koninkryk, sodat ek eendag by U mag wees.

Amen